Vyftien jaar later. Die rookseine is nou WhatsApps, die kinders is tieners, en hy is steeds 'n Grotman.
- Sondag 22 November 2026
- 15:00
- Fairtree Atterburyteater
Die grot gaan oop oor
Hy het sy rookseine verruil vir WhatsApp.
Dit is vyftien jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings.
Die verskille tussen mans en vrouens is egter steeds daar, want mans is nou maar een maal van Mars en vrouens van Venus. Vrouens bly die gaarders, veral van nuttelose inligting, en mans steeds die jagters: van 'n bok tot die regte TV-program.
Van meesterbraaiers, slaaie en bouprojekte, tot handdoeke wat net vir vertoon is … en natuurlik ook die slaapkamer. Frans Swart, Suid-Afrika se klugkoning, het 'n splinternuwe teks geskryf en hanteer ook die regie.
Van rookseine tot blou regmerkies.
Grotman het nou 'n iPhone. Dit beteken nie hy antwoord nie.
- Rookseine
- E-pos
- iPhone
- Aanlynkonserte
Sy klein wêreldjie moet rek.
Haar groot wêreld moet krimp.
Iewers in die middel is daar 'n huwelik. Blaai af en kyk hoe die twee wêrelde mekaar vind.
In Groet die Grotman 2 lag mans en vrouens saam met en vir mekaar, en dit is presies wat die produksie so gewild maak. Dis amper soos huweliksberading, net met baie meer humor! Frans Swart, skrywer en regisseur


Phillru van Achterbergh
Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord as die Afrikaanse teaterproduksie met die meeste vertonings oor die langste tydperk. Daarna het die Grotman 'n dekade lank in sy grot gerus. Tjoepstil. Nou bring Phillru hom terug.
Phillru het Drama en Film aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer, waar hy in 2012 die eerste student was wat al drie top TUT-toekennings gewen het. In 2016 is hy vir 'n Naledi-toekenning benoem vir sy rol in Porselein, en televisiekykers ken hom as Clint Erasmus in Binnelanders.
- Lefra-klugte
My Vrou se Man se Lyk se Tas - Tans ook in
My Boetie se Sussie se Ou - Verhoog
Fiela se Kind, Porselein - Televisie
Binnelanders
Kom lag vir mekaar.
Vrouens, julle gaan julle mans herken, so pomp hom gerus in die ribbes. Meneer, jy gaan beslis jou vrou herken, so wys maar die wysvinger. Net nie die middelvinger nie!
Sondag 22 November 2026
Met die trotse ondersteuning van